7 maande gelede
Corona-ou vas wat wet oortree
'n Man met Covid-19 in KZN is gearresteer.  ~ cnn.com

'N MAN van KwaZulu-Natal is gearresteer omdat hy nie in kwarantyn gegaan het toe hy positief getoets het vir Covid-19 nie.

Die 52-jarige man van Ladysmith is van poging tot moord aangekla.

Brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, sê die man het verskeie lande besoek en het met sy terugkeer op 18 Maart positief getoets. 

Hy is deur 'n dokter beveel om vir minstens 14 dae in selfkwarantyn te gaan.

Die man het egter voortgegaan om sy salon-besigheid te bedryf en het selfs 'n kerkbyeenkoms bygewoon.

Die polisie soek nou na die sowat 27 mense met wie die man in aanraking gekom het.

Naidoo sê die polisie in Ladysmith ondersoek 'n klag dat die man regulasies in terme van die Rampbestuurwet met betrekking tot Covid-19 oortree het.

Nadat die man gearresteer is, is hy na 'n hospitaal geneem waar hy behandel word.- News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters