20 dae gelede
Covid nog groot onder tehuise
Wanneer ’n bejaarde verswak is, is die beste opsie behuising wat ook mediese versorging kan bied. Foto: Pixabay  ~ 

DAAR heers kommer die verspreiding van Covid-19 infeksies by outehuise in die Wes-Kaap.

In die provinsie is daar sowat 300 outehuise met sowat 20 nuwe aktiewe gevalle, waarvan die departement bewus is. 

Sharna Fernandez, die Wes-Kaapse minister van maatskaplike ontwikkeling, sê: "Alhoewel die aantal gevalle wat herstel bemoedigend is, moet streng gesondheids- en veiligheidsprotokol steeds gemonitor word."

Sy doen ook 'n beroep op families wat geliefdes besoek om seker te maak hulle gehoorsaam die gesondheidsmaatreëls.

"Was gereeld jou hande met water en seep, maak seker jy dra 'n masker wanneer jy buite is en dat jy dit reg dra.

"Dit is belangrik dat ons alles in ons vermoë doen om seker te maak dat ons die verdere verspreiding van die virus keer."

Volgens Fernandez was daar teen 14 Oktober met die departement se laaste opname nog 29 herstel gevalle maar ook 13 nuwe positief bevestigde gevalle. 

Sy sê: "Kom ons help verseker dat ons diegene ouer en wie hoë-risiko is beskerm."

Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, voeg by: "Daar is geen werklike styging op die oomblik nie, maar ons almal moet waaksaam bly.

"Elkeen moet sorg dat ons die risiko's verstaan en dat ons spesifiek die hoë-risiko en persone in outehuise beskerm."

Tydens sy weeklikse digicon het Winde ook erken dat daar 'n toename was onder jonger persone.

Hy sê: "Dit is wel wonderlik om te sien dat daardie getalle daal."

Intussen sê Leon Courie, hoofbestuurder by die Kensington Home For the Aged, dat hulle tot Junie Covid vry was en wel daarna gevalle gehad het.

"Ons eerste bevestigde geval was op 1 Julie. Na dit was daar 57 inwoners en 3 personeellede wie ook positief getoets het.

"Ongelukkig het ons sedertdien ook 7 Covid-19-verwante sterftes gehad."

Courie verduidelik hulle het aanvanklik geen besoeke toegelaat nie.

"Dit het intussen verander en onder vlak-1 van lockdown laat ons nou wel gekontroleerde besoeke toe."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters