Verlede maand
Covid neem toe in Kaap se posh gebiede
Dr Keith Cloete  ~ Son

POSH areas soos Somerset-Wes, Gordonsbaai, die City Bowl, Seepunt, Milnerton en Durbanville is areas van bekommernis in die herrysing van Covid-19.

Dr. Keith Cloete, die Wes-Kaapse gesondheidshoof, het dit gister op die radiostasie CapeTalk bekend gemaak.

Volgens Cloete is daar tans in die Wes-Kaap sowat 180 nuwe gevalle per dag.

Hy verduidelik: “Ons sien ’n styging van 39% per week. Dit is in die sewende agtereenvolgende week met ’n toename.”

Volgens Cloete is die nywerheidsgebiede van Somerset-Wes, Gordonsbaai, die City Bowl, Seepunt, Milnerton en Durbanville die areas waar stygings aangedryf word.Die rede is hoofsaaklik weens sosiale byeenkomste.

“Covid-19-hospitaaltoelatings en sterftes in die Wes-Kaap styg effens.

“Ons het nou amptelik met ’n nuwe vlaag begin.” – CapeTalk

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters