23 dae gelede
Covid-hulp hou duisende staande
TEVREDE: Rdl. Angus McKenzie is baie opgemaak met dit wat hy vir die Bonteheuwel-gemeenskap kon doen.  ~ Melinda Stuurman

“AS R9,25 miljoen genoeg is om ’n gemeenskap gelukkig te hou, hoekom kan daar nie nóg vir ons land gedoen word nie?”

Die vraag oor wat eintlik die Covid-verligtinggeld gebeur het, word soos ’n ou tune op die Kaapse Vlakte gesing.

Dis after all die geld wat veronderstel was om die mense aan die gang te hou wat dit regtig nodig het.

Rdl. Angus McKenzie van Bonteheuwel meen as die nasionale regering die geld in die land belê het soos belowe, sou die land se Covid-getalle anders gelyk het.

McKenzie het sedert die begin van die lockdown verlede jaar ’n Covid-verligting-koopbewys saam met die Duitse regering en die Stad Kaapstad bekendgestel.

McKenzie verduidelik dat die stelsel ’n groot sukses in sy gemeenskap was. Dithet vir meer as 20 000 van die mees kwesbares en aan sopkombuise ’n hupstoot gegee.

“Ons het in die begin van die lockdown vroue wat swanger is, kinders tot sesjarige ouderdom, gestremde mense en sopkombuise geregistreer,” vertel hy.

McKenzie sê elke sent van die projek se sowat R9 miljoen net by die mense uitgekom.

“Dís hoekom daar nie looting in ons area was nie.

“Bonteheuwel het ekonomies gegroei, want die winkels het ook ’n groot rol gehad om te speel.

“Die vouchers wat die mense gekry het, kon by ons gemeenskap se winkels gebruik word.

“As ons dit nie gedoen het nie, sou daar groter armoede en ’n hoër infeksie- en sterftesyfer gewees het.”

McKenzie sê daar was net hier en daar ’n paar haakplekke, maar dis alles uitgesorteer.

“Aan die einde van die dag kon ons ’n gemeenskap regdeur lockdown aan die gang hou.

“Ons het nie net belowe nie, ons het deliver!

“Daai is die grootste verskil tussen Bonteheuwel en die nasionale regering. Ons stel nie daarin belang om die mense se geld te steel nie.

Ploeg

“Ons wil sien dat hulle deur die pandemie kom.”

Anthea Foster van die organisasie Feeding Hands, wat meer as 1 000 kinders drie keer ’n dag voed, sê sy is dankbaar vir die hulp.

“Dit is ’n groot hulp. Elke bietjie help, elke iets wat inkom, ploeg ons terug in die gemeenskap.

“Ons kry ook mense wat van ander gemeenskappe kom, so die geld strek uit na ander gemeenskappe ook.”

McKenzie voeg by dat hulle dit ook reggekry het om die stelsel tot einde Maart te verleng.

“ ’n Verdere R1,4 miljoen is toegeken aan Bonteheuwel en ons is regtig dankbaar hiervoor.

“Ons wil ook al die sopkombuise bedank vir hul opofferings,” sê hy.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters