19 dae gelede
Covid entstof nog moontlik in 2020
covid
Daar is nog talle vrae, soos hoelank die entstof beskerming bied.  ~ Carol Smiljan/NurPhoto via Getty Images

TERWYL die aantal positief bevestigde gevalle van Covid-19 wêreldwyd styg blyk daar 'n lig in die tonnel te wees.

Pfizer en BioNTech het Maandag genoem hul experimentele Covid-19 entstof is meer as 90% effektief.

Dit kan as 'n reuse oorwinning teen die pandemie wat reeds meer as 'n miljoen lewens geeis het, die wêreldekonomie lam gelê het en daagliks lewens verwoes. 

BBC berig die twee beskryf dit as 'n goeie dag vir die mensdom en wetenskap.

Daar is nog talle vrae, soos hoelank die entstof beskerming bied. Sou dit goedgekeur word kan die aantal dosis aanvanklik beperk word. 

Albert Bourla, voorsitter en hoofbestuurder van Pfizer, sê: "Ons bereik 'n nuwe kritieke mylpaal in ons entstof ontwikkeling op 'n tyd wat die wêreld dit die meeste nodig hê.

Pfizer sal na verwagting aansoek doen vir noodgebruik. Om dit te doen kort hulle twee maande se veiligheidsdata van ten minste die helfte van die studie se 44 000 deelnemers.

John Bell, 'n medisyne hoogleraar professor aan Oxford-universiteit, sê "Ek is seker die eerste om dit te sê, maar ek doen dit met vertroue.

"Ons glimlag van oor tot oor. Dit blyk die lewe sal teen lente in die noordelike halfrond weer normaal wees."

Intussen berig Health24 dat Pfizer en BioNtech 'n kontrak met die Amerikaanse regering het om 100 miljoen entstof dosisse van hierdie jaar te hê. Voorraad ooreenkomste is ook bereik met die Europese Unie, Verenigde Koninkryk, Kanada en Japan.

Om tyd te spaar het die maatskappye reeds begin om die entstof te vervaardig, nog voor hulle geweet het of dit effektief sou wees of nie.

Hulle verwag nou om tot 50 miljoen dosisse te vervaardig en 1,3 miljard in 2021.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters