Verlede maand
Covid eis Toyota SA se CEO
Dr. Johan van Zyl. Foto: Gallo Images/Getty Images
Dr. Johan van Zyl  ~ Gallo Images

DIE CEO van Toyota Suid-Afrika, dr. Johan van Zyl, is op 63-jarige ouderdom oorlede. 

’n Woordvoerder het Saterdagoggend sy dood bevestig. Volgens Fin24 is van Zyl aan Covid-19-komplikasies in ’n hospitaal in Pretoria dood. 

“Van Zyl is in Junie 1958 in Springs in Gauteng gebore en het ’n lang loopbaan by die motorvervaardiger gehad nadat hy in 1993 by Toyota South Africa Motors begin het as direkteur van die verkoop- en handelaarsnetwerk,” berig Carmag. 

Hy is in 2003 as uitvoerende hoof van Toyota SA aangestel. ‘n Dekade later is hy tot uitvoerende hoof van Toyota in Afrika bevorder. 

Die laaste jare was hy die bedryfsbeampte van Toyota Motor Corporation en en in2015 is hy as CEO van Toyota Motor Europe aangestel. - News24 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters