7 dae gelede
Covid-19-syfer steek 19 000-kerf verby
Daar is nou meer as 19 000 bevestigde gevalle van die corona-virus in Suid-Afrika  ~ Foto ter illustrasie

DAAR is oornag meer as 1 000 nuwe gevalle aangeteken wat Suid-Afrika se aantal bevestigde gevalle van Covid-19 verby die 19 000-kerf gestoot het.

Die aantal nuwe gevalle van Covid-19 staan nou op 19 137 na die styging van 1 134 gevalle.

63,5% van die land se gevalle is in die Wes-Kaap aangetken. Die Wes-Kaap het nou 12 153 bevestigde gevalle. Gauteng, die provinsie met die tweede meeste gevalle, is ver agter met 2 453 gevalle en die Oos-Kaap derde met 2 324.

Die sterftesyfer het ook met 30 gestyg tot 369.

Die goeie nuus is dat 8 950 mense al van die virus herstel het.

Covid-19 syfers in SA: 21 Mei

Bevestigde gevalle per provinsie:

  • Wes-Kaap: 12 153
  • Gauteng: 2 453
  • Oos-Kaap: 2 324
  • KwaZulu-Natal: 1 693
  • Vrystaat: 184
  • Limpopo: 121
  • Mpumalanga: 95
  • Noordwes: 77
  • Noord-Kaap: 37

Covid-19 verwante sterftes:

  • Wes-Kaap: 235
  • KwaZulu-Natal: 46
  • Oos-Kaap: 50
  • Gauteng: 27
  • Vrystaat: 6
  • Limpopo: 3
  • Noord-Kaap: 1
  • Noordwes: 1

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters