7 dae gelede
Syfer is nou 709, 3 is dokters
Daar is nou 709 bevestigde gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika.  ~ cnn.com

DIE aantal bevestigde gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika het oornag tot 709 gestyg.

Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sê alle pasiente raak beter met net twee mense wat tans in ICU by private hospitale is.

Hy sê die neiging verander van waar dit die land ingebring is tot dat dit nou plaaslik oorgedra word.

"Dit is hoekom die lockdown so belangrik is," sê Mkhize.

Die minister het ook genoem drie dokters het positief getoets. 

Hulle is van Limpopo, Mpumalanga en die Vrystaat.

Mkhize sê Mangaung in die Vrystaat is 'n bron van kommer.

Die skerp styging in die Vrystaat hou verband met die Jerusalem Prayer Breakfast wat deur die Divine Restoration Ministries in Bloemfontein aangebied is.

Vyf buitelanders van Amerika, Israel en Frankryk, wat positief getoets het vir die corona-virus, het aan die ontbytkerkdiens deelgeneem. Minstens 50 nuwe gevalle word hiermee verbind.

Mkhize sê hulle soek steeds na 300 mense wat die kerkdiens bygewoon het.

Die leier van die ACDP, Kenneth Meshoe, en nog 'n parlementslid van die party, Steve Swart, het ook die diens bygewoon sowel as bekende pastoor, Angus Buchan.

Al drie het reeds aangedui dat hulle hulself getoets het.



Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters