Verlede maand
Covid-19 eis nog ’n Kaapse verpleegster
SLAGOFFER: ’n Verpleegster van dié hospitaal is oorlede aan Covid-19.  ~ Melinda Stuurman

NOG ’n verpleegster is in die Wes-Kaap weens die corona-virus dood.

Dié verpleegster van die Kuilsrivier Netcare Private Hospitaal is Maandagoggend oorlede.

Dis nadat sy vroeër positief vir Covid-19 getoets is.

By Son se aankoms Dinsdag by die betrokke hospitaal was dit business as usual.

’n Woordvoerder van Netcare­, Martina Nicholson, het die sterfgeval bevestig.

Sy voeg egter by sy kan nie die nurse se naam bekendmaak nie.

Verloor

Nicholson sê: “Dis met groot hartseer dat ons dit bevestig dat een van ons verpleegsters by Netcare Kuilsrivier Hospitaal oorlede is. Die betrokke verpleegster is Maandag oorlede.

“Dit is die tweede personeellid in die Wes-Kaap wat ons sedert die begin van die pandemie in Suid-Afrika aan Covid-19 verloor.

“Die eerste sterfgeval was ’n support staff-lid by ’n ander Netcare Hospitaal in die Wes-Kaap.

“In die lig van die privaatheid en vertroulikheid van personeelinligting kan ons nie die name bekendmaak van ons kollegas wat gesterf het nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters