26 dae gelede
Covid-19 eis lewe van gewaardeerde regter
Covid-19 het die lewe van 'n Oos-Kaapse regter geĆ«is.  ~ Foto ter illustrasie

’N OOS-KAAPSE regter is Sondag dood aan Covid-19.

Die kantoor van die hoofregter, Mogoeng Mogoeng, het hierdie aankondiging gister gemaak.

“Die regters en personeel van die Oos-Kaapse divisie is geskok om te verneem van die skielike en ontydige sterfte van regter Patrick Jaji. Hy is positief getoets vir Covid-19 en is gevolglik gehospitaliseer,” lui die verklaring van die hoofregter se kantoor.

Die Oos-Kaapse regter-president, Selby Mbenenge, het ook sy medelye aan Jaji se familie en vriende oorgedra.

“Die impak van die Covid-19-pandemie het nou op ’n baie hartseer wyse die voorstoep van die regstelsel bereik,” het Mbenenge gesê.

Ontydige

“Regter Jaji was ’n toegewyde bastion van die Grondwet en die rule of law.

“Sy ontydige dood het ons beroof van die geleentheid om sy toekomstige bydraes tot die regstelsel te ervaar,” het Mbenenge bygevoeg.

Jaji is op 1 November 2017 permanent verkies tot die regbank.

Voor dit het hy van 1996 tot 2010 as ’n prokureur gepraktiseer. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters