Verlede maand
Cosatu waarsku base teen afdankings
vaccine
Cosatu vra werkgewers om ander metodes te kry vir wanneer werkers nie ingeënt is nie.  ~ Foto ter illustrasie: Gallo Images

COSATU sê base het nie die reg om werkers, wat weier om ingeënt te word, af te dank nie. 

Die vakbondfederasie raai werkgewers aan om eerder na ander metodes te kyk vir hoe die situasie hanteer kan word.

Sizwe Pamla, Cosatu-woordvoerder, sê as werkers geldige redes het hoekom hulle inentings weier, moet werkgewers eerder probeer om kontak tussen werkers te beperk.

Intussen sê die arbeidskonsultant, Tony Healy, werkgewers het wel 'n saak as dit by verpligte inentings kom. 

Healy sê werkgewers is daarop geregtig wanneer daar ’n groot risiko vir besmetting en oordrag bestaan. 

Hy voeg by dat hulle egter eers baie moeite sal moet doen om 'n werker elders te akkommodeer.  As die werker weier en die werkgewer kan verpligte inentings regverdig, kan daar dan na afdanking gekyk word. - EWN 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters