VLAK-3 van die lockdown tree Dinsdag, 29 Desember 2020 om 00:00:01 in werking.
Enigeen wie die regulasies oortree, kan beboet word of tronkstraf van ses maande opgelê word.
Hier is wat jy mag en nie mag doen nie.
Beweging van persone:
Alle persone is beperk tot hul huise tussen 21:00 en 06:00 met die uitsondering van gevalle waar die persoon ‘n permit het om ‘n diens te lewer of op ‘n veiligheids- of mediese noodgeval reageer.
Verpligte protokol in die publiek:
Dit is verpligtend om 'n masker in die publiek en openbare vervoer, asook publieke gebou te dra - met 'n tronkstraf van tot 6 maande of 'n boete of albei indien jy nie een dra nie.
Begrafnisse:
Slegs 50 persone mag ‘n begrafnis bywoon met geen nagwake. Tydens ‘n begrafnis moet elke persoon ‘n masker dra en die gesondheidsmaatreëls gehoorsaam. Geen nagwake en "after-tears" mag gehou word nie.
Strande, parke en beperkings:
Strande, parke en swembaddens in die Wes-Kaap, Oos-Kaap en KwaZulu-Natal is gesluit vir die publiek.
Verkope en vervoer van alkohol:
Daar is 'n ban op die verkoop en vervoer van alkohol in die land.
Byeenkomste:
Alle social gatherings word geban. Dit sluit in politieke byeenkomste en geloofsbyeenkomste soos kerk.
Byeenkomste by cinemas, casinos, teaters, museums, galerye, biblioteke, gym en restaurante mag wel plaasvind onder strenger gesondheid-en-veiligheidsmaatreëls.
Vervoer:
• ‘n Bestuurder, eienaar of operateur mag nie ‘n persoon in die voertuig sonder ‘n masker toelaat nie
• Internasionale reis word vanaf 1 Oktober toegelaat, met maatreëls.
- 'n Lys van lande wat toegelaat word sal gepubliseer word,
- Internasionale reise word slegs deur die hoofgrense of OR Tambo Internasionaal, Kaapstad Internasionaal of King Shaka Internasionaal toegelaat.
- Reisigers moet 'n bewys van negatiewe corona-virus toets toon of sal op hul eie onkoste in kwarantyn geplaas word
- Alle reisigers moet die Covid-19 alert level-app aflaai.
Ekonomiese-sektor:
- Besigheid wat oop is met meer as 100 werknemers op een vloer, moet waar dit moontlik is voorsiening maak om die aantal werknemers op enige tyd te verminder.
- Relevante gesondheidsmaatreëls vir persone werksaam by private wonings moet nagekom word.
- Werkgewers moet toepaslike maatreëls implementeer vir werknemers ouer as 60 of diegene met onderliggende siektes.
- Konstruksie, vervaardiging, besigheid en finansiële dienste-maatskappye met meer as 500 werknemers moet voldoen aan die toepaslike sektor of werksplek-reëling.
- Die aantal persone wie toegelaat word by hotelle, gastehuise, B&B, resorts mag nie meer as 50% van die beskikbare verblyf wees nie.