4 maande gelede
Corona steek kop uit by Pep-fabriek
Pep
Werkers van die Pep-fabriek in Parow het hul stem met protesaksie dikgemaak.  ~ Foto Verskaf

WERKERS by die Pep-fabriek in die Parow-nywerheidsgebied het Donderdag hul tools neergesit en hul stemme dik gemaak in ’n protesaksie.

Die werkers kla dat die bestuur nie oor hul gesondheid worry nie. “Hulle stuur ons nie vir toetse nie, maar stuur ons huis toe. Baie mense het nou al positief getoets vir die virus, maar die fabriek is nog nooit skoongemaak nie.”

Meer as 2 000 mense werk by die fabriek. Die fabriek het sowat ’n maand gelede sy deure oopgemaak en eers met die maak van gesigmaskers begin. Hulle het dié week met die produksie van skoolklere begin.

“Ons koors word nie gevat as ons by die fabriek inkom nie, maar ons word ’n rits vrae gevra. As jy tekens wys dat jy siek is, word jy huistoe gejaag. Dan vra hulle (die bestuur) nog ‘wil jy die hele fabriek aansteek?’”

Pep Clothing (Pepclo) sê hy het streng protokols in plek om seker te maak die wekers is veilig. “Dit sluit beskermende drag en social distancing in. Verder het ons Covid-19 compliance officials en marshals aangestel. Elke oggend word die staff se  temperature gescreen en die werkers werk in skofte.”

Pepclo sê twee weke gelede het ’n werker sleg gevoel en is sy huis toe gestuur. “Sy is gevra om haarself te laat toets. Haar resultate is egter nie bekend aan ons nie.” 

Drie ander mense wat saam met die werker gewerk het, is ook huis toe gestuur

“Woensdagaand is die hele fabriek skoongemaak en ontsmet. Die werkers was Donderdagoggend net bekommerd toe die uitslae van die ander werkers bekend geword het. Pepclo het egter nie daarvan geweet nie”

Teen teetyd was die hele fabriek weer besig. 

Pepclo sê hulle het nou vier bevestigde gevalle. 

Vier fabriekswerkers by Pep toets positief
Vier fabriekswerkers by Pep het positief getoets vir Covid-19. Foto: Melinda Stuurman

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters