15 dae gelede
Corona-lyk in verkeerde lykshuis gestoor
foto ter illustrasie  ~ 

NEGE gesinne in Mpumalanga moet wag voordat hulle hul geliefdes kan begrawe.

'n Persoon wie weens die corona-virus gesterf het, is verkeerdelik in die lykshuis van die KwaMhlanga-hospitaal gesit.

Die hospitaal weier nou om die liggame van die nege oorledenes vry te stel om begrawe te word.

Busi Masango van Tweefontein Village sê haar suster is op 21 Junie in die KwaMhlanga-hospitaal weens natuurlike oorsake dood.

Sy sê die hospitaal wil nie nou die liggaam aan hulle gee nie, uit vrees dat sy met die virus besmet kan wees.

“Ons het klomp geld spandeer om haar Donderdag (25 Junie) te begrawe. Nou moet ons weer geld uithaal en dis onregverdig.

‘n Woordvoerder van die Mpumalanga se gesondheidsdepartement, Dumisani Malamule, bevestig die hospitaal het die nege liggame vir 4 dae gehou nadat iemand wat weens Covid-19 dood is se ligaam daarheen gebring is. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters