6 dae gelede
Cops laat hulle maar self toets
Pandemie: Talle beamptes by dié polisiekantoor is positief getoets vir die corona-virus. Foto: Netwerk24  ~ 

BEAMPTES van die polisiekantoor in Bellville moet hulle skelmpies vir Covid-19 laat toets.

Dit volg nadat vyf lede daar na bewering reeds positief getoets is vir die virus.

Son verneem die lede is hoofsaaklik van een skof. Gister het die ander lede van die skof nie opgedaag vir werk nie.

“ ’n Aflosspan is laat inkom om te help met take,” sê die bron.

Nog ’n lid sê twee lede wat mense in die selle voed, is albei positief getoets.

“Mense is bang om by die huis te bly as hulle siek is. Ander bly net weg en laat toets hulle in die geheim, want net die bestuur van die stasie besluit self wie mag gaan vir toetse.

“Maar as mense nie oop kaarte speel nie, kan almal aangesteek word.”

Brig. Novela Potelwa, provinsiale woordvoerder, sê die polisiestasie was Maandag tydelik gesluit.

“Die operations is na ’n ander gebou verskuif. Die hele gebou is Dinsdag ontsmet en skoongemaak.”

Potelwa bevestig een positiewe geval. “Die lede wat nou saam met die lid gewerk het, is in isolasie en het reeds toetse ondergaan.”

Die lede sê dis onwaar dat die stasie toe was vir deep cleaning.

“Ons function nog heeltyd soos normaal, hoewel met minder lede. Van ons lede wat in isolasie gaan, word gedreig met dissiplinêre aksie,” sê die lid.

Die lede sê niemand van die provinsiale kantoor weet wat by die stasies aangaan nie.

“Weet hulle van die stres waaronder ons is en die vrees wat ons het dat ons die virus na ons gesinne kan oordra? Boonop is daar die druk van die bestuur wat ons dreig met verlof en siekteverlof.”

Potelwa sê hulle wag nog op die ander lede se uitslae.

Talle ander cop shops in die Wes-Kaap het onder die virus deurgeloop. Dit sluit Hermanus, Athlone, Ceres, Blue Downs, Kaapstad se honde-eenheid, Belhar, Lentegeur, Mitchells Plain, Ravensmead en Philippi in.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters