24 dae gelede
Cluster deel plan om Covid te keer
PASOP! Bestuurders kan hulle klaarmaak vir meer padblokkades.  ~ Netwerk24

PASOP, die regering span Big Brother nou in om jou dop te hou!

Die interdepartementele groep belas met justisie, misdaadvoorkoming en veiligheid (JCPS) het gister ’n perskonferensie gehou oor hoe hy beplan om Covid-19 se uitdagings te oorbrug.

Die JCPS sê hy is diep bekommerd oor die geweldige toename in Covid-besmetting.

Niemand is immuun teen Covid-19 nie, sê die JCPS. Hy voeg by dat ’n aantal van sy lede ook al die virus onder lede gehad het.

Hy verte meer as 60 militêre gesondheidspersoneel is in die provinsie ontplooi om Covid-19 in die Oos-Kaap in sy spore te stuit.

Die JCPS sê hy is vasbeslote om sy mandaat uit te voer.

Daarom gaan daar meer polisiesigbaarheid wees, sowel as padblokkades en patrollies in geïdentifiseerde areas om te verseker dat social distancing wel deur mense toegepas word.

Random stop-en-deursoek-operasies gaan ook aan die orde van die dag wees en die onwettige verkoop van alkohol en tabakprodukte gaan glad nie geduld word nie.

Volgens die JCPS is intelligensie-eenhede in die land besig om tendense en patrone ten opsigte van Covid-19 te track en te trace.

Sedert die lockdown begin het, is meer as 130 000 doodsertifikate ook deur die departement van binnelandse sake uitgereik.

Die volgende informasie het ook uit die briefing gekom:

  • Die beweging van byna 540 000 mense oor ons land se grense is gemonitor. Die oorgrote meerderheid van hulle was Suid-Afrikaners wat na SA teruggekeer het.
  • Vanaf 13 Julie het die departement van korrektiewe dienste (DKD) 3 688 bevestigde gevalle van Covid-19 aangemeld. Hiervan was 2 203 DKD-beamptes en 1 485 gevangenes. Altesaam 15 gevangenes en 31 beamptes is aan Covid-19 oorlede.
  • Sowat 6 128 gevangenes wat as lae risiko’s beskou word, is reeds vrygelaat.
  • Dit is teen die wet om nie ’n masker in openbare plekke te dra nie.

Bestuurders, taxi-drywers en winkeleienaars moet seker­ maak almal wat hul voertuig of winkel betree, dra ’n masker. Versuim om dit te doen, kan jou in die hof laat beland.

  • Alkohol mag in die privaatheid van jou woning geniet word, maar die verkoop en vervoer daarvan deur drankwinkels, restaurante en shebeens word verbied.

Jy mag ook nie in open­bare plekke of selfs in jou kar ’n dop drink nie.

  • After-tears-partytjies ná ’n begrafnis word ook verbied.
  • Lede van die SA polisie, weermag en verkeersdienste gaan die daaglikse curfew vanaf 21:00 tot 04:00 handhaaf.
  • Geslagsgebaseerde geweld gaan glad nie geduld word nie en daar gaan streng teen oortreders opgetree word.
  • Mobiele polisiestasies of nabygeleë geboue gaan ingespan word in gevalle waar polisiestasies weens Covid-19 moes sluit.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters