21 dae gelede
Busdiens ontsmet busse daagliks
SPUIT: ’n Golden Arrow-werker wat homself net as Chris bekend gestel het, spuit ontsmettingsmiddels in een van die busse by die Grand Parade in die Kaapse middestad.  ~ Melinda Stuurman

DIE Wes-Kaapse regering, die Stad Kaapstad en vervoermaatskappye werk saam om die verspreiding van die corona-virus te verhinder.

Golden Arrow-busdienste span van sy workshop-werkers in om busse te ontsmet.

Die chemicals wat gebruik word om die busse te disinfect, kan kieme doodmaak vir ’n periode van 24 uur.

’n Woordvoerder van Gold­en Arrow, Bronwen Dyke-Beyer, sê dié maatskappy is daartoe verbind om pendelaars se gesondheid en veiligheid eerste te stel.

Dyke-Beyer sê: “Van die maatreëls wat toegepas sal word, is onder meer om die gespesialiseerde 24-uur-ontsmettingsmiddels daagliks in elkeen van ons 1 200 busse te spuit.”

Daar word ook hand sanitiser aan pendelaars, drivers en werknemers verskaf.

Saamwerk

Sommige van die werkers by die busterminus op die parade in die Kaapse middestad het ook maskers en plastiekhandskoene gedra om hulle teen die virus te beskerm.

BETER VEILIG: Pendelaars se hande word met hand sanitiser gespuit soos hulle van die bus afklim by die Grand Parade-busterminus in die Kaapse middestad.

Die Wes-Kaapse minister van vervoer, Bonginkosi Madikizela, was gister by die terminus om te assesseer of Golden Arrow reg is om die pandemie te hanteer.

Volgens hom kan die corona-virus net oorwin word as alle rolspelers saamwerk om die inwoners en pendelaars te beskerm.

Madikizela sê hy vergader vandag met die South African Taxi Council (Santaco) om te bespreek hoe hulle die verspreiding van die virus in hulle taxi’s en by hulle ranks kan voorkom.

“Ons werk saam met alle rolspelers om die epidemie te fight,” sê hy.

“Dit kan sowat ’n jaar vat voordat ’n cure vir die virus gekry word. Die samewerking tussen ons en al die rolspelers is iets wat ons gaan doen so lank as wat dit nodig is.”

BEKOMMERD: Die Wes-Kaapse minister van vervoer, Bonginkosi Madikizela (middel), en die voorsitter van die Stad Kaapstad se portefeuljekomitee vir vervoer, Angus McKenzie (heel links), besoek gister die Grand Parade-busterminus.

Die voorsitter van die Stad Kaapstad se portefeuljekomitee vir vervoer, Angus McKenzie, waarsku teen die verspreiding van fake news rakende die corona-virus.

Foon

McKenzie sê: “Die grootste uitdaging wat ons tans in die gesig staar rakende die virus behalwe die virus self, is die verspreiding van fake news daaroor.

“Die fake news word vinniger as die virus versprei. Dink twee keer voordat jy iets op jou foon na ander mense forward.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters