6 dae gelede
Bly waaksaam teen virus - Cyril
President Cyril Ramaphosa.
Pres. Cyril Ramaphosa.  ~ Gallo Images

SUID-AFRIKA het die halfmiljoen-kerf in bevestigde gevalle van Covid-19 verbygesteek. 

Die land se bevestigde gevalle staan nou op 503 290, maar die ligpunt is dat 342 461 mense reeds herstel het.

Pres. Cyril Ramaphosa het ook uitgewys dat dit lyk of die daaglikse styging besig is om veral in die Wes-Kaap, Gauteng en die Oos-Kaap te stabiliseer.

Ramaphosa sê die herstelkoers is tans op 68% en die sterftesyfer (tans  8 153) is aansienlik laer as die wêreldwye gemiddelde.

"Hoewel Suid-Afrika die vyfde meeste aantal Covid-19-gevalle wêreldwyd het, het ons maar die 36ste meeste aantal sterftes in verhouding tot die bevolking. Daarvoor is ons dankbaar vir die werk van ons professionele gesondheidswerkers en die baanbreker vernuwende behandelings." sê Ramaphosa.

Hy waarsku egter dat Suid-Afrikaners steeds waaksaam moet bly terwyl die werk voortduur om die aantal nuwe infeksies te verminder.

"Soos met baie ander lande regoor die wêreld, moet ons aanhou die maatreëls aanpas wat ons neem om nuwe uitbrake te voorkom en ons gesondheidstelsel te beskerm.

"Ons het reeds gesien dat die opheffing van alkoholverkope byvoorbeeld die aantal traumagevalle in ons gesondheidsfasiliteite aansienlik  verminder het. Hoewel sulke veranderinge ontwrigtend kan wees vir mense en die ekonomie, is dit nodig dat ons aanpas by die verandererende rigting van die siekte."

Ramaphosa sê Suid-Afrikaners moet waaksaam bly totdat daar geen meer gevalle in die land is nie.

"As ons dit nie doen nie, bestaan die risiko van 'n oplewing in daardie areas waar die virus nou begin stabiliseer."

Ramaphosa sê ook hy het wetstoepassing bemagtig om alle bewerings van korrupsies en onreëlmatighede in die verkryging van mediese en ander voorraad te ondersoek. 

"Dis gewetenloos dat daar mense is wat die gesondheidskrisis wil gebruik om hulself onwettig te verryk."


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters