Verlede maand
Covid-19 eis bekende noon gun skieter
dudley malgas
Dudley Malgas het in 2019 afgetree.  ~ 

HULDEBLYKE stroom in vir die voormalige noon gun skieter wie Maandag oorlede is.

Dudley Malgas, wie 39 jaar in die vloot gedien het, was vir 22 jaar verantwoordelik om elke dag 12uur die kanon op Signal Hill te skiet. Dit het hy elke dag, met die uitsondering van Sondae en openbare vakansiedae gedoen.

In die tyd het hy die kanon meer as 6500 keer geskiet, voordat hy in September 2019 afgetree het.

Malgas het op 19 jarige ouderdom by die Suid-Afrikaanse vloot aangesluit en was die eerste persoon van kleur wat by die afdeling vir hondehantering aangesluit het.

Betram Malgas, fotograaf by 24.com, beskryf sy oom as iemand wie altyd 'n glimlag gehad het.

"Hy het 'n groot sin vir humor gehad, wie altyd probeer het om die niggies en neefs te laat lag."

Hy voeg by dat sy oom ook baie kerkwerk gedoen het.

"Hy was altyd gereed om ander te help, waar hy kan.

"As ek hom bel, al was hy besig met ander dinge sou hy sorg dat hy my ook help."

Malgas vertel een sy mooiste herinneringe van sy oom is toe die hele gesin een oujaarsdag op Signal Hill gesit en kampeer het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters