19 dae gelede
Begrafnisse deesdae 'n nagmerrie
Begrafnisse is deesdae vir baie families 'n nagmerrie.  ~ Foto ter illustrasie: Felix Dlangamandla

DIE nuwe manier van begrafnisse hou tydens die Covid-19-pandemie, is vir baie mense 'n traumatiese ervaring.

Roubeklaers het onder nuwe regulasies 'n maksimum van twee uur om die liggaam te kry en te begrawe. Dit is om opeenhoping by begraafplase te voorkom en die verspreiding van die corona-virus te beperk.

Charles Motlhabane (32) van Johannesburg, wat sy ouer broer, Modise Motlhabane, begrawe het, sê die nuwe manier van begrafnis hou is 'n groot gemors.

Modise is aan Covid-19 dood.

Die seremonie om afskeid te neem by die Westpark-begraafplaas in Johannesburg het minder as 30 minute geduur. Hulle kon nie eens grond of blomme op die graf gooi nie.

"Dit was te vinnig. Die begrafnis was 'n nagmerrie," het Motlhabane gesê.

"Ons is gewoond daaraan om vir 'n hele week voor te berei en familielede te bel. Maar nou is dinge anders - jy kan nie eers naby die kis kom om te sien hoe dit ondergaan nie."

Thandeka Mvakali, 'n kliniese sielkundige, sê die rou van mense kan gekompliseerd word as mense nie hul geliefdes op 'n mooi manier kan groet nie.

Mvakali sê dit laat ook skuldgevoelens by die familie dat geliefdes meer verdien het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters