Verlede maand
Arts paai SA oor entstof
GEMOEDSRUS: Dr. Keith Cloete het meer lig gewerp op die omstredenheid waarin die entstof van Johnson & Johnson gehul is.  ~ Foto ter illustrasie: Gallo iStock

MET die hele storm wat losgebars het rondom die Covid-19-entstof van Johnson & Johnson is daar gister meer lig daarop gewerp.

“Van die eerste tekens wys dat die entstof werk en dat ons gesondheidswerkers teen die virus beskerm word.”

Meer as 40% van gesondheidswerkers in die Wes-Kaap het in die eerste ronde die Johnson & Johnson-entstof as deel van die Si­sonke-program gekry.

Dr. Keith Cloete, hoof van die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement, het gister bevestig die provinsie is besig om uit die tweede golf van ontstekings te gaan en daar is nie ’n teken van ’n derde golf nie.

Aangemelde

Tog maan hy dat mense nie houtgerus moet raak nie en met versigtigheid moet optree.

Cloete het gister in ’n perskonferensie verwys na die kommerwekkende nuus uit Amerika dat die Johnson & Johnson-entstof bloedklonte veroorsaak het in party mense.

“Teen dié tyd moes almal al gehoor het van die ses aangemelde gevalle van bloedklonte in Amerika. Die ses gevalle is baie seldsaam en hulle het voorgekom onder meer as 6 miljoen Amerikaners wat dieselfde entstof gekry het.”

Hy sê weens die aangemelde gevalle is die Johnson & Johnson/Sisonke-program tydelik onderbreek totdat die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte-beheerraad die inligting geëvalueer en ’n besluit­ oor die voortsetting van die entstof in Suid-Afrika geneem het.”

Volgens hom is daar tot dusver geen gevalle soos dié in die land aangemeld nie.

Hy gee die versekering: “Op die oomblik is daar geen duidelike verband tussen die seldsame bloedklonte en die Johnson & Johnson-entstof nie.”

Cloete voeg by dat meer as 85% van die gesondheidswerkers in die provinsie ingestem het om die entstof te vat, al was baie eers skepties daaroor.

“Minder as 8% van die gesondheidswerkers het die entstof van die hand gewys.

“Vanaf die begin van die Sisonke-program op 17 Februarie 2021 het 54 068 gesondheidswerkers hul jab gekry. Ons het teen 7 April van 1 000 positiewe gevalle per dag tot 12 per dag gegaan.”

Aankoms

Cloete sê hulle beoog om die oorblywende 60% werkers met die res van die verwagte entstof in te ent.

“Ons beplan om fase 1 met die verwagte aankoms van die Pfizer-dosisse teen einde April en Johnson & Johnson-dosisse aan die begin van Mei 2021 te voltooi.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters