Verlede maand
ANC-LP dood aan Covid-19
zamuxolo peter
Zamuxolo Peter  ~ PA.org.za

DIE ANC het een van sy parlementslede weens Covid-19 aan die dood afgestaan.

Die parlementêre portefeuljekomitee oor toerisme het Vrydagaand bevestig dat een van hul lede, Zamuxolo Peter, ná 'n kort siekbed oorlede is.

Peter het ná die verkiesing in 2019 'n lid van die parlement geword.

Supra Mahumapelo, voorsitter van die portefeuljekomitee, sê Peter was 'n staatmaker wat altyd die ekstra myl sou gaan om te verseker dat die komitee se doelwitte bereik word.

"Ek kan onthou toe 'n sekere radiostasie na iemand gesoek het wat Nguni praat vir 'n show oor toerisme in tradisionele areas. Mnr Peter, wat toegewyd was aan die transformasie van toerisme in villages, townships en klein dorpies, het ingespring en 'n goeie job gedoen om die komitee se werk te bevorder. 

"Een van sy ideale was om te verseker dat ons 'n korrupsievrye regering in SA het en dat ons, as lede van die parlement, ons oorsigmandaat moet uitvoer en die regering aanspreeklik hou vir die lewering van dienste aan sy mense." - SowetanLive

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters