Verlede maand
Amerika skenk miljoene dosisse entstof
South Africa vaccine
Die eerste besending entstof vanuit Amerika word die naweek in die land verwag.  ~ Getty Images

AMERIKA het 5,7 miljoen dosisse van die Pfizer-entstof aan Suid-Afrika geskenk.

Die eerste besending daarvan sal na verwagting reeds Saterdag in die land aankom.

Die skenking gaan Suid-Afrika se entstofprogram 'n beduidende hupstoot gee na aanvanklikle voorraadbeperkings.

Die plaaslike Amerikaanse missie het Woensdag in 'n verklaring gesê die skenking is deel van die land se wêreldwye pogings om die Covid-19-pandemie te beveg.

Amerika het onderneem om 500 miljoen dosisse entstof deur Covax aan ander dele van die wêreld, insluitend Afrika, te skenk.

Die nuus kom nadat die Aspen-aanleg in Gqeberha vandeesweek 1,4 miljoen dosisse Johnson&Johnson-entstof beskikbaar gestel het.

Inentings in die land vorder goed. Teen Dinsdagaand is altesaam 6,8 miljoen dosisse entstof toegedien.

Vanaf 1 September kan mense van 18 jaar en ouer ook vir inentings registreer. -News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters