21 dae gelede
Alkohol-verwante trauma gevalle skiet die hoogte in
ongeluk
Trauma gevalle kan enigiets van 'n motorongeluk tot 'n skietery wees.  ~ Foto ter illustrasie

DIS minder as twee weke wat daar nie meer 'n ban op die verkoop van alkohol is nie, maar alkohol-verwante trauma gevalle in die Wes-Kaap het reeds die hoogte in geskiet.

Volgens inligting wat die Wes-Kaapse departement van gesondheid tydens die premier Alan Winde se weeklikse digicon gedeel het was daar enkel dae nadat die ban gelig is 'n toename in trauma gevalle.

Dr. Keith Cloete, hoof van die provinsiale departement van gesondheid, sê die aantal bevestigde gevalle het begin af neem maar hierteenoor het alkohol-verwante trauma gevalle skerp toegeneem.

Winde sê alhoewel trauma enigiets kan wees van 'n voertuigongeluk tot 'n besering deur 'n gun, het die provinsie trauma data bestudeer en hou alles verband met die beskikbaarheid van alkohol.

Cloete in sy voorlegging noem dat 'n week voor die verbod gelig is was daar 290 alkohol-verwante trauma gevalle. 

"In die eerste week na die verbod gelig is was daar 'n meer as 105% toename met 596 alkohol-verwante trauma gevalle.

"Die maksimum daaglikse trauma gevalle het ook met 167% toegeneem.

"Die gemiddelde daaglikse alkohol-verwante trauma gevalle het met 88% toegeneem."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters