26 dae gelede
Alkohol verban voor Coronavirus storm tref
cyril rampahosa in mpumalanga
President Cyril Ramaphosa  ~ GCIS

ALKOHOL is weer geban in die land.

Hierdie is een van die verskerpingsmaatreëls wat aangekondig is, terwyl die land op vlak-3 lockdown bly.

Ook terug is ‘n curfew waar slegs die met ‘n permit en gesondheidsorgwerkers tussen 21:00 en 04:00 buite mag wees.

Van die ander verskerpings is dat die dra van maskers verpligtend is en taxi’s mag ‘n kapasiteit van 100% vir plaaslike ritte hê en 70% kapasiteit vir die langpad hê.

Pres. Cyril Ramaphosa sê ten spyte van wetenskaplike bewyse is daar steeds diegene wie careless en roekeloos is. 

“Werkgewers, winkeleienaars en bestuurders, openbare vervoer-operateurs en bestuurders en eienaars van enige openbare gebou is nou wetlik verplig om te verseker dat enigeen wat by hul perseel of voertuig in kom ‘n masker moet dra.” 

In wat talle op sosiale media as ‘n uitskel-toespraak beskryf noem die staatshoof hoe daar mense is wie nie hou by die maksimum van 50 mense by byeenkomste nie. Hy noem veral by begrafnisse word die reël nie gehoorsaam nie, asook partytjies wat gehou word.

Ramaphosa sê “Daar is ook die wie die corona-virus afmaak as nie ernstig nie. Daar is nou sowat 500 nuwe infeksies elke uur in die land.

“Wetenskaplikes predict dat daar tussen 40 000 en 50 000 Covid-19 verwantes sterftes teen die einde van die jaar kan wees.

“Die corona-virus storm is groter en erger as enige ander wat ons ken.”

Suid-Afrika is nie alleen in die wêreld-pandemie nie. Meer as ‘n half miljoen mense in die wêreld het reeds aan die virus gesterf.

Suid-Afrika het ‘n Covid-19 sterfte-syfer van 1,5%, wat laer is as die wêreld gemiddelde van 4,5%.

“Dit is grootliks danksy die professionele, hardwerkende en toegewyde gesondheidsorgwerkers.

“Die aantal infeksies was te wagte, maar nie die spoed waarteen die virus versprei nie.”

Ramaphosa sê daar is ‘n ernstige tekort aan sowat 12 000 gesondheidsorgwerkers, meestal verspleegsters.

Hy het bygevoeg hy is trots om te verneem van mediese studente wie vrywillige werk by hospitale en klinieke doen.

“Nou meer as ooit is ons verantwoordelik vir die lewens van diegene om ons.” 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters