7 dae gelede
Ál meer inmates kry corona
GEVAAR: Tronke is oorvol en dis waarom inmates so maklik die gevreesde corona-virus opdoen.  ~ Melinda Stuurman

DIE getal inmates wat die corona-virus in die Allandale-gevangenis opdoen, styg vinnig.

Dinsdag is 20 inmates positief getoets. Intussen kla bewaarders dat hulle die inmates wat in die Paarl-hospitaal opgeneem is, moet oppas sonder enige beskermingsdrag (PPE).

’n Bewaarder vertel: “Ons pas dan die gevangenes by die hospitaal op sonder PPE. Een van ons lede het geweier sonder die PPE.

“Die inmates weet ook nie watter kant toe nie, want die tronk is oorvol.”

Volgens die bewaarder was hul kollegas wat positief getoets is, slegs twee weke tuis. Toe het hulle weer kom werk sonder nog ’n toets.

Die bewaarder sê dis dan dieselfde bewaarders wat toegelaat word om weer tussen die inmates te werk.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, sê weens erge stigmatisering lewer hulle nie meer kommentaar op individuele sake nie.

Hy sê stories wat versprei word dat hulle nie hul mense beskerm teen die virus nie, is onwaar.

Nxumalo verduidelik: “Ons het gesondheidsorgspanne by die tronk met die geskikte beskermingsdrag om noodgevalle te monitor, veral dié wat dalk asemhalingsprobleme kan ontwikkel.

Beperk

“Die departement het ’n lys van hospitale waarna inmates oorgeplaas kan word.

“Veilige escorts sal aangestel word om beamptes en hospitale se risiko te beperk. Dít wat betref inmates wat hulp ontvang.

“Die ontsmetting van sentrums en administrasiekantore word gedoen.

“Besoeke sal beperk word en die departement se korrektiewe sentrums is ingelig­ om die limiet te verhoog van die bedrag wat inmates mag gebruik om items by die tuck shops te koop.

“Hulle sal toegelaat word om items by die tuck shop te koop terwyl social distancing gehandhaaf word.”

Nxumalo sê dis belangrik dat voorkomingsmaatreëls van krag bly sodat ander sentrums nie met Covid-19 besmet word nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters