21 dae gelede
Aktivis, mayor in hospitaal weens Covid-19
Dr. David Piedt  ~ Rapport

OUDTSHOORN. – Dr. David Piedt (80), ’n bekende anti-apartheidsaktivis en tans na­sionale voorsitter van die Civil Servants Pension Redress Move­ment (CSPRM), is positief getoets vir Covid-19.

Hy is opgeneem in die Mediclinic George.

David Jantjies, ondervoorsitter van die CSPRM, sê in ’n verklaring: “Ons gebede gaan uit vir hom, sy vrou, Marjorie, en sy suster Helen, wat ook positief getoets is.”

Japie Coetzee, Piedt se boesemvriend en ’n oudskoolhoof, deel die jongste inligting: “Volgens Marjorie is hy nog kortasem. My vrou, Janie, is ook positief en daarom is ek saam met haar in kwarantyn. Ons het geen simptome gehad nie.”

In Kannaland het die plaas­like munisipaliteit bekend gemaak Magdalena Barry, die burgemeester, is ook positief vir die virus getoets.

Oorgeplaas

Beterskap-wense het ingestroom ná die raad se ampte­like kennisgewing hieroor.

Barry is eers in die Mediclinic Oudtshoorn behandel.

Sy is egter later na George oorgeplaas. Volgens ’n kennis was sy Woensdag nog aan ’n ventilator gekoppel as gevolg van onderliggende siektes.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters