28 dae gelede
Afsondering: vra oor beskikbare plekke
happy: Gelukkige pasiënte in isolasie in ’n fasiliteit in Beaufort-Wes. Van links is Cornelius Elbrink, Yolandi Stalmeester, Koos Willemse, Asanda Mdwara, Sakhiwe Pieterse, Xolelwa Moon en Lilitha Mkosana.FOTO VERSKAF  ~ 

PASIËNTE by die Ye Old Thatch-gastehuis in Beaufort-Wes het net goeie stories om te vertel oor hulle tyd daar terwyl hulle in isolasie was.

Hulle was in hul kwarantyn gemaklik in een van die fasiliteite van die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement en sy vennote.

Cornelius Elbrink (42) sê hy was bekommerd oor sy gesin se gesondheid en het besluit om te isoleer.

Uitdaging

Hy was aanvanklik ál pasiënt daar, maar toe kom daar ander. Hy het die atmosfeer geniet en dit was goed om gesond te word, sê hy.

Wanneer alles verby is, wil hy sy gesin hierheen bring vir ’n holiday.

Die Wes-Kaapse regering sê dit kan ’n uitdaging wees om jouself te isoleer as jy positief getoets is en mense moet van die fasiliteite gebruik maak wat verskaf word.

Koos Willemse (51) wou ook sy familie beskerm en het na die fasiliteit gekom om hom te isoleer. Hy het heel tuis gevoel en die vrede en stilte baie geniet. Asanda Mdwara (35) en Yolandi Stalmeester (32), ’n couple van Laingsburg, sê hulle was bly om te kom, veral oor die stigmatisering in hul gemeenskap.

Jy kan gereelde maaltye, gesondheidsorg deur medici, laundry services en gratis transport verwag as jy na so ’n fasiliteit gaan. Daar is twee sulke oornagfasiliteite in die Karoo. Praat met jou plaaslike gesondheidswerker oor die opsies.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters