STRENGER MAATREËLS
Alan Winde, Premier van die Wes-Kaap is van plan om pres. Cyril Ramaphosa vir strenger Covid-19-beperkings te vra, tydens 'n sitting van die presidensiële koordineringsraad - wat bestaan uit die premiers van die nege provinsies.
Winde het tydens 'n onderhoud op CapeTalk gesê: "Ek gaan vra vir verdere beperkings omdat ons moet die frontline red. Ons moet ons hospitaalstelsel red."
Hy voeg by: "Ek vra vir meer beperkings maar ek glo nie in 'n volle lockdown nie."
Maandag se PCC vergadering volg nadat die nasionale corona-virusbeheerraad Sondagmiddag vergader het om na bewering nuwe beperkings te bespreek.
Intussen is die Wes-Kaapse hospitaalstelsel onder geweldige druk weens Covid-19 gevalle en die feesseisoen trauma-toelatings.