2 maande gelede
Werk saam met die army - minister
Nosiviwe Mapisa-Nqakula het gevra vir samewerking met die weermag.  ~ Peter Abrahams

DIE minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, doen ’n beroep op Suid-Afrikaners om hul samewerking te gee aan die army terwyl hulle orde probeer handhaaf in die 21 dae van lockdown.

Daar is reeds video's aanlyn gedeel van soldate wat geweld gebruik op mense wat na bewering die regulasies van die lockdown oortree het.

Mapisa-Nqakula het enige vorm van mishandeling deur soldate veroordeel.

Sy sê soldate moet hulle van sulke gedrag weerhou ongeag of mense hulle uitlok.

Simphiwe Dlamini, weermagwoordvoerder, sê daar is platforms vir die publiek waar hulle soldate kan aankla wat nie binne die wette optree nie.

Mense kan gevalle van mishandeling by die polisie of die kantoor van die militêre ombudsman aanmeld. - EWN

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters