13 dae gelede
Week af 'het groot impak'
MATRIEK: Leighton Fitz is sal die week gebruik om
MATRIEK: Leighton Fitz is sal die week gebruik om by die huis te studeer.  ~ Jonathan Lestrade

VIR die kans op 'n beter lewe is 'n matrieksertifikaat die mees belangrikste dokument wat 'n matrikulant kan ontvang.

Vir Gilliano Davids, 'n matrikulant in Uitsig, is dit uiters belangrik om sy skoolloopbaan te voltooi al het die corona-virus pandemie sy laaste jaar op skool amper tot stilstand gebring.

 “As gevolg van die omstandighede waarin ons klaar is, moet ons 'n sukses maak van ons lewe. 

“Ons het die geleentheid nou om 'n verskil te maak aan ons omstandighede, 'n kans wat nooit weer sal kom nie,” sê hy.

Hy is een van duisende matrikulante wat laas week die nuus ontvang het dat skole vir vier weke gaan sluit.  Matrikulante sal egter net vir dié week tuis wees, maar Davids sê dit het 'n groot impak op sy toekomsplanne.

“Ek verstaan ons is in n pandemie, maar die impak is so groot dat dit ons toekoms raak. Ons moet nog uitgaan eendag en dan moet ons compete met mense wat ervaring het, mense wat geleenthede gehad het om verder te studeer,” sê hy. 

Leighton Fitz, ook 'n matrikulant, sê: “Ek is vol stress omdat ek weer op baie skoolwerk gaan uitmis,” sê hy.

Fitz sê hy gaan wel die week gebruik om te studeer sodat hy nie agter is wanneer skole weer volgende week vir matrikulante heropen nie.

Hy sê die pandemie het ook sy oë oopgemaak om nie die geleentheid, wat hy het om skool klaar te maak, vir granted te vat nie.

“Ek is nou meer determined om skool klaar te maak en my matrieksertifikaat te kry,” sê hy.  

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters