Verlede maand
Wat landlords en huurders moet weet
Tertius Simmers
Minister Tertius Simmers, vra dat landlords bedagsaam moet wees tydens die lockdown periode en coronavirus-pandemie periode.  ~ News24

MET die lockdown weens die corona-virus heers daar groot verwarring tussen landlords en huurders se verpligting om hul huur te betaal.

In 'n verklaring sê die huurbehuisingstribunaal in die Wes-Kaap daar is 'n paar dinge waarop beide partye moet let.

Eerstens bepaal die Grondwet dat niemand uit hul huis gesit mag word, sonder 'n hofbevel nadat al die tersaaklike omstandighede in ag geneem is.

"'n Huurder mag ook nie sonder 'n hofbevel uitgesit word nie, selfs al kom die huurder nie die huurooreenkoms na nie, bv. geen-betaling van huur."

Daar is ook 'n moratorium op alle uitsettings vir die lockdown tydperk."

Die tribunaal maak dit ook duidelik dat die regulasies voorsiening maak vir 'n huurvakansie aan huurders vir die lockdown-tydperk.

Sou 'n huurder weens die verlies aan inkomste, weens die corona-virus-pandemie nie huur kan betaal nie, word partye aangeraai om die geleentheid te bespreek en 'n gesamentlike oplossing te kom.

Tertius Simmers, provinsiale minister van behuising, vra aan landlords om bedagsaam te wees en begrip te hê vir die omstandighede.

"Dit is belangrik dat huurders ook in gedagte hou dat eienaars ook finansiële verpligtinge het.

"Indien partye 'n ooreenkoms kan bereik, moet die ooreenkoms op skrif wees.

"Elke situasie sal sy eie unieke omstandighede hê en daarom moet oplossings vir elke situasie diensooreenkomstig oorweeg word."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters