10 dae gelede
Vrywilligers skarrel self
PRAAT UIT: Elsabé Camealio (middel) verduidelik die situasie aan Nqaba Bhanga (regs). Links van haar is Edmund van Vuuren.  ~ Theo Jeptha

’N VRYWILLIGER by die Jarman Hall in Schauderville sê dis hartseer hoe mense by die shelter soms vir ’n volle dag niks eet nie.

Elsabé Camealio sê sy is baie dankbaar die DA het uitgekom en probeer help met dit waarmee hulle besig is.

Koop

Sy sê om 10:00 in die oggend te eet en dan weer 17:00 is so goed jy het niks vir die dag geëet nie.

André Zakay, ’n inwoner by Jarman Hall, sê wanneer hulle maaltye kry, is daar geen suiker nie.

Dan moet een van die vrywilligers suiker uit sy of haar eie sak koop.

Volgens hom kom hulle uit verskillende backgrounds en hulle is gewoond daaraan om te skarrel.

Hy sê maar nou kan hulle nie uitgaan om te skarrel nie, want hulle is onder lockdown. Volgens hom is hulle homeless, nie useless nie.

Hy sê maatskaplike werkers kom vra hulle wat hulle nodig het, terwyl hulle weet wat hulle nodig het.

Zakay wil weet of daar enige program is om hulle te reunite met die buite­wêreld. Hy sê die president weet hoe hulle voel.

Volgens hom het die regering ’n verantwoordelikheid om na hulle om te sien. Hy sê almal van hulle het vaardighede.

Volgens hom voer die vrywilligers by die Jarman Hall hulle eerder as die government.

Hy sê hulle het behoeftes en dit is niks vir hulle om terug te gaan strate toe nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters