2 maande gelede
Vlak-4 regulasies
Lockdown
(Unsplash)  ~ 

VLAK-4 van die lockdown tree Maandag, 28 Junie 2021 om 00:00:01 in werking.

Enigeen wie die regulasies oortree, kan beboet word of tronkstraf van ses maande opgelê word.

Verpligte protokol

Dit is verpligtend om ’n masker in die publiek en openbare vervoer, asook publieke geboue te dra.

Compliance officer

Besighede en sakeondernemings, privaat asook openbare sektor moet ‘n Covid-19- compliance officer aanwys wat toesig moet hou oor die streng nakoming van die maatreels in die werkplek.

Beweging van persone: Almal is beperk tot hul woning van 21:00 tot 04:00, mits jy ‘n permit het om op die pad te wees vir werkdoeleindes; ’n veilidheids- of mediese noodgeval het.

Alkohol:

Die verkoop en verspreiding van drank is verbode

Sluiting van skole: 

Skole en tersiere-instellings sal gesluit wees vir kontakklasse met die winter skoolvakansie wat op 30 Junie begin.

Kleuterskole bly oop.

Begrafnisse:

Slegs 50 persone mag ’n begrafnis bywoon.

Alle rouklaers moet ‘n masker dra en die gesondheidsmaatreëls gehoorsaam. 

Geen nagwake en after-tears mag gehou word nie.

Begrafnisse mag nie langer as 2 uur wees nie.

Byeenkomste: 

Alle byeenkomste word verbied, behalwe begrafnisse; by ’n werkplek, of wanneer jy goedere en dienste koop of verkry.

Geen sosiale-, geloofs-, kulturele of politieke byeenkomste mag plaasvind nie.

Sport:

Sportaktiwiteite, insluitend professionele en nie-professionele wedstryde, deur erkende sportliggame word toegelaat, wat aan streng gesondheid- en veiligheidsmaatreels moet gehoorsaam.

Uitsetting:

’n Persoon mag nie vanaf hul grond of uit hul huis gesit word nie, tensy ‘n bevoegde hof so ‘n bevel gee.

Plekke gesluit vir die publiek: 

Enige plek wat normaalweg oop is vir die publiek waar godsdienstige, kulturele, vermaak en ontspanningsaktiwiteite aangebied word is gesluit.

Beheerde besoeke: 

Alle besoeke aan korrektiewe sentrums, aanhoudingsfasiliteite, polisie-aanhouding, gesondheidsinstellings, behalwe om behandeling of medikasie te ontvang, is onderhewig aan streng gesondheids en veiligheidsmaatreels.

Vervoer:

Openbare vervoer: Busse en taxi’s mag nie meer as 70% kapasiteit vir langafstand laai nie. Kortafstand word 100% kapasiteit toegelaat.

‘n Bestuurder, eienaar of operateur mag nie ‘n persoon in die voertuig sonder ‘n masker toelaat nieInternasionale reis word vanaf 1 Oktober toegelaat, met maatreëls.

'n Lys van lande wat toegelaat word sal gepubliseer word,

Internasionale reise word slegs deur die hoofgrense of OR Tambo Internasionaal, Kaapstad Internasionaal, King Shaka Internasionaal, Lanseria Internasionaal en Kruger Mpumalanga Internasionaal toegelaat.

Reisigers moet 'n bewys van negatiewe corona-virus toets toon of sal op hul eie onkoste in kwarantyn geplaas word.

Alle reisigers moet die Covid-19 alert level-app aflaai.

Ekonomiese-sektor:

Besigheid wat oop is met meer as 100 werknemers op een vloer, moet waar dit moontlik is voorsiening maak om die aantal werknemers op enige tyd te verminder.

Relevante gesondheidsmaatreëls vir persone werksaam by private wonings moet nagekom word.

Werkgewers moet toepaslike maatreëls implementeer vir werknemers ouer as 60 of diegene met onderliggende siektes.

Konstruksie, vervaardiging, besigheid en finansiële dienste-maatskappye met meer as 500 werknemers moet voldoen aan die toepaslike sektor of werksplek-reëling.

Die aantal persone wie toegelaat word by hotelle, gastehuise, B&B, resorts mag nie meer as 50% van die beskikbare verblyf wees nie.

Spesifieke uitlatings, wat nie toegelaat word nie:

  • 1. Nagwake
  • 2. Byeenkomste na begrafnisse, insluitende "after-tears".
  • 3. Alle sosiale byeenkomste
  • 4. Politieke byeenkomste en tradisionele gemeenskapsvergaderings.
  • 5. Nagklubs.
  • 6. Grondgrense bly gesluit, met uitsluiting van die in regulasie 26(1).
  • 7. Inisiasie-praktyke.
  • 8. Passassierskepe vir internasionale plesier doeleindes.
  • 9. Bywoning van toeskouers by enige sportbyeenkoms.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters