Verlede maand
Vlak-1: Moets en moenie's
sa lockdown
Level 4 is die land steeds onder lockdown  ~ 

VLAK-1 van die lockdown tree Maandag, 21 September 2020 om 00:00:01 in werking.Enigeen wie die regulasies oortree, kan beboet word of tronkstraf van ses maande opgelê word.

Hier is wat jy mag en nie mag doen nie.

Beweging van persone:

Alle persone is beperk tot hul huise tussen 00:00 en 04:00 met die uitsondering van gevalle waar die persoon ‘n permit het om ‘n diens te lewer of op ‘n veiligheids- of mediese noodgeval reageer.

Verpligte protokol in die publiek:

Elke persoon moet 'n gesigmasker dra wanneer hulle die huis verlaat. Almal wat van openbare vervoer gebruik maak of publieke geboue en plekke binnegaan moet ‘n masker dra.

Begrafnisse:

Slegs 50 persone mag ‘n begrafnis bywoon met geen nagwake. Tydens ‘n begrafnis moet elke persoon ‘n masker dra en die gesondheidsmaatreëls gehoorsaam.

Uitsettings:

Geen uitsettings mag vir die duur van die nasionale rampstatus plaasvind nie mits ‘n hof so ‘n bevel gee.

Verkope en vervoer van alkohol:

Die verkoop van alkohol deur ‘n plek met ‘n geldige dranklisensie word toegelaat tussen 09:00 en 17:00 van Maandae tot Vrydae en nie op Saterdae, Sondae en publieke vakansiedae.

Drank mag by plekke met 'n geldige dranklisensie gedrink word, maar die curfew moet gehoorsaam word.

Byeenkomste:

Alle persone wie byeenkomste bywoon moet ‘n masker dra, gesondheidsmaatreëls moet nagekom word en alle byeenkomste wat toegelaat word, word beperk tot 50% van die normale kapasiteit van die venue maar nie meer as 250 mense vir binne byeenkomste en 500 mense vir buite byeenkomste.

Byeenkomste wat toegelaat word:

  • • Aanbiddingsinstellings soos kerke en moskees;
  • • Begrafnisse, met GEEN nagwake;
  • • Werksplek, vir werkdoeleindes;
  • • Konferensies en vergaderings, vir werkdoeleindes;
  • • Cinemas, met kaartjies wat aanlyn gekoop moet word;
  • • Teaters, konserte en live optredes;
  • • Casino’s, beperk tot nie meer as 50% van die beskikbare vloerspasie;
  • • Veilings;
  • • Troues;
  • • Social events by die huis met nie meer as 10 besoekers;
  • • Konserte en entertainments events;
  • • Fiksheidsentrums en gims;
  • • Sportgronde en velde;
  • • Swembaddens;
  • • Strande en openbare parke;
  • • Museums, galerye en biblioteke;
  • • Restaurante;
  • • Kroeë, taverns en shebeens;
  • • Persoonlike sorgdienste, soos hairdressers, skoonheidsalonne en piercing en tatoo parlours;
  • • Verbly-instellings en toer-operateurs; 
  • • Sport-aktiwiteite, insluitende professionele en nie-professionele wedstryde wat deur erkende sportliggame gemagtig is.

Slegs die media; sekuriteit, mediese-dienste en noodsaaklike werknemers word by wedstryde toegelaat saam met die vereiste aantal spelers; wedstryd beamptes; ondersteuningspersoneel;

Geen toeskouers word by sport-wedstryde toegelaat nie

Geen internasionale sport events word toegelaat nie.

‘n Wetstoepasser moet waar ‘n byeenkoms die regulasies oortree die persone opdrag gee om te verdaag. Indien enigeen weier mag stappe geneem word om sulke individue te arresteer.

Plekke wat toe bly vir die publiek is

+ Nagklubs

+ Manlike- en vrouelike inisiasiepraktyke is ook verbode

+ Alle besoeke deur lede van die publiek aan

  • • korrektiewe sentrums; 
  • • polisie-selle; 
  • • gesondheidsfasiliteite, behalwe vir behandeling of medikasie
  • • Residensiële fasiliteite vir ouer-persone

Vervoer:

• Lang-afstand is ‘n trip van 200km of meer.

• Busse en taxi’s mag nie meer as 70% van die kapasiteit vir langafstand vervoer nie en 100% kapasiteit vir ‘n trip wat nie langafstand is nie

• ‘n Bestuurder, eienaar of operateur mag nie ‘n persoon in die voertuig sonder ‘n masker toelaat nie

• Internasionale reis word vanaf 1 Oktober toegelaat, met maatreëls.

  • - 'n Lys van lande wat toegelaat word sal gepubliseer word,
  • - Internasionale reise word slegs deur die hoofgrense of OR Tambo Internasionaal, Kaapstad Internasionaal of King Shaka Internasionaal toegelaat.
  • - Reisigers moet 'n bewys van negatiewe corona-virus toets toon of sal op hul eie onkoste in kwarantyn geplaas word
  • - Alle reisigers moet die Covid-19 alert level-app aflaai.

Ekonomiese-sektor:

  • • Besigheid wat oop is met meer as 100 werknemers op een vloer, moet waar dit moontlik is voorsiening maak om die aantal werknemers op enige tyd te verminder.
  • • Relevante gesondheidsmaatreëls vir persone werksaam by private wonings moet nagekom word.
  • • Werkgewers moet toepaslike maatreëls implementeer vir werknemers ouer as 60 of diegene met onderliggende siektes.
  • • Konstruksie, vervaardiging, besigheid en finansiële dienste-maatskappye met meer as 500 werknemers moet voldoen aan die toepaslike sektor of werksplek-reëling.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters