10 dae gelede
Virus beïnvloed nou aanbidding

SELFS die hallelujas van die lewe moet vir eers terugstaan vir die verwoestende corona-virus.

Die corona-virus het nou ook ten volle sy tentakels in die Suid-Afrikaanse samelewing ingesteek. Die nodige maatreëls is daarom ingestel om die verspreiding daarvan teen te werk.

Pres. Cyril Ramaphosa het met die land se geloofsleiers vergader nadat hy presies ’n week gelede in ’n toespraak aan die nasie die virus tot nasionale ramp verklaar het.

“Social distancing” is die nuwe buzzword in Suid-Afrika.

Hy sê as daar in ag geneem word hoeveel miljoene Suid-Afrikaners na plekke van aanbidding stroom, is dit onder die huidige omstandighede ’n groot bron van kommer.

Ons is ten volle bewus van die rol wat gemeente worship speel om Suid-Afrikaners te comfort en krag te gee. Dit is ’n praktyk waarvoor ons die grootste respek het.

“Maar in dié stadium sit ons ook met die realiteit dat die virus deur menslike kontak versprei word.”

Ramaphosa sê met die reël dat daar nie meer as 100 mense op ’n openbare byeenkoms mag wees nie, wil die land verseker dat die virus onder beheer bly.

“In reaksie op dié maatreël het verskeie geloofsgemeenskappe groot communal dienste afgeskaf.

“Ons is bewus van die uitdaging wat dit stel aan ons Moslem gemeenskap en die vereiste dat daar vyf keer ’n dag gebid moet word.

“Ons word bemoedig deur die voortdurende gesprekke met verskeie liggame om die getal wor­shippers te verminder.”

beperk: Heelwat kerke en masjiets het reeds commit om die getal aanbidders drasties te sny en met alternatiewe ways van aanbidding vorendag te kom. Foto: peter abrahams
Begrafnisse

Ramaphosa sê verskeie kerke het ook aangedui dat hulle gedurende hierdie uitdagende tydperk van tegnologie gebruik gaan maak.

Hulle sal byvoorbeeld kerkdiens­te livestream, selfs deur middel van selfoon-apps. Hy sê die maatreëls wat nou ingestel word, is in ooreenstemming met wat reeds op ander geloofsplekke van toepassing is, soos by die Vatikaan en Mekka.

Maar selfs begrafnisse gaan geraak word. Die prez het ’n beroep gedoen dat waar daar ’n begrafnis plaasvind, dit op ’n klein skaal moet geskied. Dit moet meestal net die naasbestaandes van die oorledene(s) involve.

“Laat ons die nasie optimisties hou en almal daaraan herinner dat alles moontlik gedoen moet word om almal veilig te hou. As ons saamwerk, sal ons suksesvol wees.” 

KRY HIER MEER INFO

OM DIE korrekte inligting oor die virus te kry, is hier ’n lys nommers om te kontak en websites om te besoek:

Belangrike kontaknommers:

  • • Amptelike tolvrye inbelsentrum – 0800 029 999
  • • Hotline vir klinici – 082 883 9920
  • • Provinsiale hotline – 021 928 4102
  • • Amptelike WhatsApp-hulpdiens – Stuur ’n “Hi” aan 0600 123 456
  • • Departement van gesondheid se e-posadres – doh.­dismed@westerncape.gov.za

Alle lyne is 24/7 oop.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters