2 maande gelede
Vele uit tydens lockdown
Sstukkend: ’n Lid van die SA weermag breek ouens wat gedrink het in Crossroads, Philippi, stukkend.  ~ Peter Abrahams

‘DIÉ is nie ’n tyd vir skop en donner nie.”

Dít is die aankondiging wat pres. Cyril Ramaphosa Donderdagaand net vier ure voor die nasionale lockdown gemaak het.

Hierdie streng boodskap aan die weermag is deur miljoene burgers van die land gesien en gehoor.

Maar die president se woorde was skaars lou, toe doen sy manne in groen die teenoorgestelde!

Son op Sondag se verslagspan was out en about om te sien hoe mense die lockdown ervaar.

In sommige areas het die mense hulle ernstigheid oor die pandemie getoon.

Dié verantwoordelike individue het in hulle huise gebly, terwyl anders wraggies steeds soos normaalweg met hulle lewe aangegaan het.

Daar is tshisanyama op die strate gebraai, heel lekker saam hulle neighbours biere gedrink en buitekant rondgedrentel.

Al het die inwoners van Philippi nie by die reëls gebly nie, het die weermag hom ook nie in toom gehou nie.

Die soldate wou by ’n groep drinkende mans weet of hulle dink pres. Ramaphosa het k*k gepraat toe hy gevra het dat almal by hulle huise moet bly.

En toe klap die houe ... en skoppe.

In Mitchells Plain was die strate leër as gewoonlik.

By elke groot kruising is pad­blokkades opgestel.

By die blokkades is mense se voertuie gestop en hulle is uitgevra oor hoekom hulle op die pad is. Hulle moes ook hulle rybewys toon en het ’n waarskuwing gekry.

’n Cop vertel aan Son op Sondag dat hulle aanvanklik nie so streng gaan wees nie.

“Maar daarna gaan mense sien hoe ernstig ons is,” het hy beloof.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters