10 dae gelede
Vele lees – en gee hoop vir kinders
SLIMKOP: Pamela Kantor het met die blink idee vorendag gekom.  ~ Foto Verskaf

HELPENDE stemme is net so goed soos helpende hande in die tyd van die corona-virus.

’n Onderwyseres van Summerwood Primary School in Johannesburg, Pamela Kantor (41), gee klas vir hoofsaaklik kinders van die township Alexandra buite Johannesburg.

Sy vertel met die uitbreek van die virus het sy geweet van haar kinders het nie die nodige hulp om online te leer nie.

“Dis toe dat ek met die idee van Read For Hope opgekom het.

“Ek het vriende en familie gevra om ’n kinderboek voor te lees, dit op te neem en op WhatsApp te sit en vir my te stuur.

“Ek stuur dan weer die storie na verskillende skole toe en die kinders kry die stories.”

Kantor sê Read For Hope groei elke dag en verskillende mense en organisasies help sodat soveel kinders moontlik die stories kan kry.

“Mense oor Suid-Afrika heen en selfs uit die buiteland stuur stories aan.”

Een van Son se subredakteurs, Mariana Loots, neem ook stories hiervoor op.

“Ek wou lankal by uitreikwerk betrokke raak en dink geletterdheid is hoe ons gelykheid tot stand gaan bring.

“ ’n Oudkollega het Shine aanbeveel.

HELPENDE STEM: Mariana Loots help ook deur stories te lees. Foto Verskaf

“Vrywilligers moet minstens ’n uur per week afstaan.

“In daardie uur lees jy vir ’n gr. 1- of gr. 2-kind, die kind lees vir jou, julle speel ’n opvoedkundige speletjie, oefen ’n rympie en skryf iets.

“Weens die lockdown is dit gestaak.

“Beth Silbert, hoof van die Shine Centre by Good Hope Seminary Junior in Vredehoek, waar ek volunteer, het my van Pam se projek vertel.”

Loots sê dis ’n wonder­like manier om steeds kinders te bereik wat nie die luukse van WiFi het nie.

“Ek haal my hoed af vir Pam en ek is dankbaar vir die geleentheid om steeds ’n verskil te probeer maak.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters