Verlede maand
'n Eerste vir die UWK
lawack
Prof. Vivienne Lawack het die studente per video toegespreek.  ~ UWK / Twitter

DIE Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) het vir die eerste keer ooit ’n aanlyn gradua­tion gehad.

Altesaam 3 945 sertifikate, diplomas en grade is tydens die virtual plegtigheid uitgereik, het die UWK in ’n verklaring gesê.

“Ons het 57 doktors-, 198 meesters-, 434 honneurs- en 2 079 Baccalaureusgrade uitgereik. Altesaam 434 diplomas en 146 sertifikate is ook uitgereik,” sê Aiden van den Heever, ’n UWK-woordvoerder.

Pilare

Die universiteit het verlede maand sy deure weens die Covid-19-uitbreking toegemaak. Klasse is toe aanlyn geskuif. Dr. Nita Lawton-Misra, registrateur van die UWK, sê die universiteit wou nie in die graduates se pad staan nie.

“Een van die universiteit se drie pilare in die 60 jaar dat dit bestaan, is die employability van sy graduates.

“Onder normale omstandighede sou ons studente hulle prestasies saam met hulle geliefdes op kampus gevier het.

“Vandag (Dinsdag) het ons ’n merkwaardige punt in ons geskiedenis bereik, maar buitengewone tye vereis buitengewone gebruike.”

Lawton-Misra sê die studente het hard gewerk om te graduate.

“Om hulle die geleentheid te gee om hulle grade digitaal te kry, gee ware betekenis aan die vierde industriële revolusie. Baie geluk aan almal wat gegradueer het.”

Emmanuel Slinger het sy Master of Commerce-graad gevang. Hy sê in dié onsekere tye word ’n virtual gradua­tion-seremonie verwelkom.

“Ondanks die pandemie wat ons in die gesig staar, is ek dankbaar dat ons deur tegnologie nog kan gradueer en vorentoe beweeg.”

Van die graduates het in die sosiale media gespog.

Ene Mathys Mathys het op Facebook aangekondig: “Ek het sopas aanlyn gegraduate. Die braai is ook aanlyn.”

Nikki Jacobs het getwiet: “En vir ’n bietjie goeie nuus, ek het vanoggend virtueel gegradueer. Yay!”

Die universiteit het ook sy 60ste bestaansjaar gevier.

Prof. Vivienne Lawack, waarnemende rektor en visekanselier, het die graduates in ’n video toegespreek.

“Julle graduate in ’n baie spesiale jaar. Dis ’n groot prestasie. Ons kom ’n lang pad aan.

“In 1960 het die universiteit met net 166 studente begin,” het sy gesê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters