2 maande gelede
UIF stop Ters-betalings weens bedrog
uif (1).jpg
Die UIF het hul Ters-uitbetalings stopgesit.  ~ Argief

DIE Unemployment Insurance Fund (UIF) het alle uitbetalings vir die Temporary Employer / Employee Relief Scheme (Ters) weens bedrog stopgesit.

The Citizen berig die besluit is geneem weens onreëlmatighede met betrekking tot vorige uitbetalings wat gemaak is aan mense wat dood, in die tronk of minderjarig is.

Die Ters-betalings is veronderstel om mense te help wie tydens die lockdown nie kon werk nie of wie se salarisse verminder is.

Hamman Kriel van die National Employers' Association of South Africa (Neasa) het aan The Citizen gesê die uitbetalings is stopgesit hangende interne verifiëring en ondersoeke by die UIF.

Neasa sê 'n verifiëringsproses is aan die gang waar die Ters-databasis nagegaan word met inligting van die departement van binnelandse sake om te verseker dat dubbele betalings nie gemaak is nie.

Kriel sê vermoedelike bedrog met uitbetalings word ook ondersoek.

Die afgelope week is twee polisiesersante van KwaZulu-Natal gearresteer nadat hulle meer as R690 000, wat vir werkers van National Adhesive bedoel is, uitbetaal is.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, sê die maatskappy se bankbesonderhede is verander en 'n bedrag van R692 185,55 is in die rekening van die polisiemanne betaal.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters