10 dae gelede
UIF begin met September Ters-aansoeke
Werkgewers kan steeds kragtens die Covid-19-Ters-skema en die Werkloosheidsversekeringsfonds voordele namens hul werknemers eis. Foto: Pixabay  ~ 

TERS-AANSOEKE vir 16 Augustus tot 15 September sal vanaf Donderdag 1 Oktober begin verwerk word.

Die werkloosheidsversekeringsfonds sê die betalings is nog deel van die regering se poging om verligting te bied weens die corona-virus-pandemie.

Teen Maandag is meer as R35 miljard reeds in meer as 10 miljoen betalings aan 902 775 werkers betaal.

Marsha Bronhorst, waarnemende UIF-kommissaris, sê om aansoek te doen vir die September-tydperk moet werkgewers die nodige dokumente indien. Dit sluit in getekende aanvaaringsbrief, brief wat bank bevestig, bewys van betaling aan werknemers en terugbetaling aan UIF bewys.

Sy noem dat die aansoeke geverifieer sal word om te bepaal of eise geldig is, voor gelde uitbetaal word.

"Die proses is om enige bedrog op te tel. Waar dit wel opgelet word, word betalings gestop en die eis vir verdere ondersoek gestuur.

"Eise deur buitelandse burgers word na die departement van binnelandse sake verwys, om seker te maak geld word aan die regte begunstigdes uitgemaak en wie dit verdien.

Covid-19 TERS-aansoeke vir April en Mei het reeds op 25 September gesluit. Eise vir Junie sluit op 15 Oktober en Julie en Augustus op 30 Oktober.

Volgens nuwe riglyne wat deur die minister van arbeid en werkskepping, Thulas Nxesi, aangekondig is dek dit werkers wie se werkgewers:

  • nie toegelaat word om onder die rampbestuursregulasies te begin werk nie;
  • nie in staat is om alternatiewe reëlings vir kwesbare werkers te tref nie. Dit sluit in om van die huis af te werk of om spesiale maatreëls onder die beroepsgesondheidsveiligheids-regulasies beskerming te bied nie;
  • nie van hul dienste gebruik kan maak nie weens bedryfsvereistes wat veroorsaak word deur die nakoming van die regulasies. Dit sluit in skofte en short time.

Aansoeke moet steeds aanlyn gedoen word by www.labour.gov.za.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters