16 dae gelede
Tutu's bly oor rykes se skenking
Nicky Oppenheimer (left) and Johann Rupert (right)
Nicky Oppenheimer (links) en Johann Rupert (regs).  ~ Per-Anders Pettersson/Getty Images

DIE Desmond & Leah Tutu Legacy Foundation het die skenking verwelkom wat die Ruperts en Oppenheimers gemaak het.

Die R1 miljard wat elk deur die Rupert en Oppenheimer-families geskenk is, is om die impak op kleinsakeondernemings deur die corona-virus, Covid-19, te verlig.

Die stigting verwelkom ook pres. Cyril Ramaphosa se besluit om die land onder lockdown te plaas en sê hy het beslissende leierskap getoon toe die land dit die nodigste gehad het.

Volgens die Bloomberg Billionaires-indeks is Nicky Oppenheimer met 'n netto waarde van $ 5,8 miljard (sowat R103 miljard) die 250ste rykste persoon ter wêreld.

Johann Rupert is nommer 287 op die lys met 'n netto waarde van $5,18 miljard (sowat R92 miljard).

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters