8 dae gelede
Tugstappe teen soldate gedoen
Die groepie rokers wat Woensdag by die begrafnis van Andrew Mlangeni op kamera vasgevang is.  ~ Twitter

TUGSTAPPE gaan gedoen word teen die soldate wat op kamera vasgevang is waar hulle by Andrew Mlangeni se begrafnis rook.

Bheki Cele, minister van polisie, het Vrydag by 'n perskonferensie gesê die minister van verdediging het dit aan hom bevestig.

Cele het dit duidelik gemaak dat rook nie 'n misdaad is nie, maar die verkoop van sigarette wel.

"Die ding oor rook en strokies bly opkom. Ons het reeds baie mense gearresteer en as ek dit reg het, het ons al beslag gelê op R1,8 miljoen se sigarette."

Hy sê as iemand met 'n sigaret in die openbaar gevang word, sal hy net graag wil weet waar hulle dit kry.

Cele sê die gebeure Dinsdag by Mlangeni se familiehuis in Dube, waar hordes mense saamgedrom het, word ook ondersoek. - News24


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters