24 dae gelede
"Tronke het plek vir die wie nie masker dra"
CELE
Jou masker moet jou mond en neus bedek.  ~ Anele Mfazwe

TRONKE is dalk oorvol maar daar is plek vir nog oortreders van die land se wette.

Volgens die minister van polisie, Bheki Cele, is daar nog plek in die gevangenis vir diegene wie nie 'n masker oor hul neus en mond in die publiek dra nie.

Sedert Dinsdag kan Suid-Afrikaners gearresteer en 'n tronkstraf of 'n boete of albei opgelê word, indien jy nie 'n masker dra wanneer jy uit jou huis gaan.

Cele het Dinsdag gesê: "Die polisie is gereed om die regulasies toe te pas en te verserker dat diegene wie dit nie nakom nie in hegtenis geneem word.

"Dit kan daartoe lei dat jy 'n kriminele rekord het."

Volgens die minister is die maskerding al lankal 'n probleem.

"So baie pleit dat mense hul maskers moet dra. Iets wat tot nou een van die belangrikste voorkomingsmiddels is om die verspreiding van die virus te beperk.

"Ons gaan mense nie vra om hul masker op te sit nie, ons gaan hulle net 'n ander tuiste vir die aand gee en dan kan hulle in die oggend die landdros gaan groet." - SABCnews

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters