23 dae gelede
Bandiete mag nou weer besoekers kry
Singabakho Nxumalo
Singabakho Nxumalo  ~ Foto Verskaf

JY KAN nou weer jou geliefdes in die tronk besoek.

Maar jy kan nie net daar opdaag nie. 

Dié nuus het die departement van korrektiewe dienste Maandag in ’n persverklaring bekend gemaak. 

Alle besoeke na gevangenissentrums is gestaak toe pres. Cyril Ramaphosa in Maart die nasionale inperking ingestel het. Die regulasies is weens die Covid-19 pandemie in plek gestel. 

Singabakho Nxumalo, nasionale woordvoerder van die departement, sê mense sal egter eers twee dae voor die tyd ’n afspraak moet maak. 

“Die besoeke sal onder streng Covid-19 protokolle plaasvind.”

Nxumalo sê net een besoeker per gevange sal toegelaat word. Geen kontakbesoeke sal ook toegelaat word nie. 

“Geen besoeker sal sonder ’n masker toegelaat word nie. As jou naam ook nie op die besoeklys is nie, sal jy ook nie toegelaat word nie.” 

Nog reëls sluit in dat besoekers ten minste ’n halfuur voor die tyd daar moet wees. Die inmates kan ook items van buite af kry, maar alles moet voldoen aan die gevangenis se beleid. 

Besoektyd vir verhoorafwagtendes is Maandae, Dinsdae en Vrydae tussen 09:00 en 15:00. Inmates wat klaar gevonnis is, kan Woensdae en Donderdae besoek word. 

“Ons verwag van die publiek om eerlik te wees wanneer hulle die siftingsvrae beantwoord sodat die virus nie so oorgedra word nie.”

Konsultasiebesoeke van lawyers is ook weer aan die gang, maar moet steeds onder streng protokols gedoen word. 

Nxumalo sê hulle sal voortdurend die stand van Covid-19-gevalle in die publiek monitor en sal hul maatreëls aanpas soos nodig. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters