2 maande gelede
Treine, busse en taxi's ook onder lockdown
Kaapstad Parliament Fikile Mbalula Minister van Po
Fikile Mbalula. Picture: Peter Abrahams  ~ 

'N LOCKDOWN is 'n lockdown sê Fikile Mbalula, minister van vervoer.

In 'n radio-onderhoud Woensdagoggend met 702 se Eusebius McKaiser sê die minister besonderhede sal later die dag aangekondig word.

"Spesiale voorsiening sal gemaak word vir taxi's. Daar word gekyk na sekere tye in die oggend en in die middag.

"Daar word gekyk dat daar geheel en al geen treine beweeg nie."

Mbalula sê spesiale voorsiening sal gemaak word vir 'essential service' werkers in die oggend en middag-spitstyd.

"Alle werkgewers van essential service workers moet voorsienning maak en permitte aan hul werkers gee.

"Die lockdown is ook van toepassing op alle e-hailing-dienste soos Uber, Bolt en taxi's." 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters