11 dae gelede
Traumagevalle val danksy drank-ban
hospitaal
Foto ter illustrasie Melinda Stuurman  ~ 

DIE huidige alkoholban laat baie dalk droog maar vir gesondheidsorgwerkers bied dit die nodige verligting.

Volgens die Wes-Kaapse departement van gesondheid is daar 'n aansienlike afname in alkohol-verwante trauma gevalle by van die provinsie se grootste hospitale soos Tygerberg, Groote Schuur en Karl Bremer.

Tydens die tweede alkohol-ban tussen 13 Julie en 17 Augustus was daar 'n afname in alkohol-verwante trauma gevalle van 48% oor naweke en 32% daaglikse afname.

EWN berig dat volgens Dr. Saadiq Kariem, van die provinsiale gesondheidsdepartement, kyk hulle op daardie datum spesifiek na die impak van alkohol en probeer die effek van beweging van mense uitkanselleer.

Nadat 'n ban op alkohol op 28 Desember weer aangekondig is het alkohol-verwante trauma gevalle gedaal met 47% oor naweke en 'n daaglikse afname van 58% in die Wes-Kaap.

Kariem sê: "Met 'n algehele alkohol ban is daar 'n baie groter afname in trauma-gevalle. Dit help ook met meer beddens wat in hospitale dan beskikbaar is. 

Die grootste afname van akohol-verwante trauma gevalle was op oujaarsaand en Nuwejaarsdag, toe daar - in vergelyking met dieselfde tydperk in 2019 - 'n afname van 65% van alkohol-verwante trauma gevalle was.

Intussen het die Suid-Afrikaanse brouerye aangedui dat hulle die howe gaan nader oor die drank-verbod. - EWN



Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters