14 dae gelede
'Toerisme wil restart’
GOUDMYN: Tafelberg is een van Kaapstad se top-plekke om te besoek.Foto verskaf  ~ 

DIE Tourism Business Council of South Africa (TBCSA) sê dié week die land het reeds R68 miljard verloor sedert die lockdown deure toegekap het vir toeriste.

Luidens Stats SA se Tourism Satellite Account het Suid-Afrika in 2018 altesaam R273,2 miljard deur toerisme gemaak.

Van daardie bedrag was 56% locals en 44% buitelanders.

Rofweg werk dit uit op R22,7 miljard per maand en R748 miljoen per dag.

Toerisme verskaf ook 1,5 miljoen werksgeleenthede en sorg vir 8,6% van die bruto binnelandse produk (BBP).

In April en Mei alleen het meer as 250 000 werkers in die bedryf reeds aansoek gedoen vir UIF.

Die TBCSA het reeds aan die minister van toerisme, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, en pres. Cyril Ramaphosa verduidelik dat baie meer mense werkloos sal wees as toerisme nie nou oopmaak nie.

Strek

Die TBCSA het ook ’n herstelplan voorgelê en voorgestel dat inter­nasionale reise weer minstens vanaf September moet begin om die bedryf te probeer red.

Dis wanneer die somerseisoen begin en dit strek tot Maart.

In daardie tyd besoek 60% oor­sese toeriste die land.

Die plan is reeds vroeër dié maand aan die portefeuljekomitee belas met toerisme voorgelê.

Die TBCSA sê die afkondiging van vlak 3 is ’n stap in die regte rigting. Sekere vlugte is oopgemaak en plekke soos restaurante, casino’s en sekere verblyfplekke is weer oop, maar met streng reëls.

Provinsies soos Limpopo, Mpumalanga en Noordwes is afhanklik van veral besoekers uit Gauteng.

In die Wes-Kaap is gewilde plekke vir besoekers wynplase, Tafelberg, die Waterfront en kusdorpe.

Tshifhiwa Tshivhengwa, CEO van die TBCSA, sê dis uiters belangrik vir die bedryf dat mense tussen provinsies reis en na vakansieplekke gaan.

“As dit nie gebeur nie, dan help dit nie verblyfplekke is oop nie. So sal ekonomiese aktiwiteite ook nie kan plaasvind nie,” sê hy.

Tshivhengwa sê sowat 60% van die reisigers travel oor provinsiale grense.

Restaurante word geraak omdat mense meestal in die aand eet en drink en omdat drank nie ná 17:00 verkoop mag word nie, help dit ook nie veel nie.

Baie mense gebruik ook net drank oor naweke, maar tans word die verkoop daarvan steeds oor naweke verbied.

Vroeër het die minister van toerisme gesê 30% van die land se restaurante moes toemaak en dat die hotelbedryf tussen 550 000 en 600 000 jobs sal verloor as sake nie gou hervat word nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters