2 maande gelede
Taxis en busse kan bietjie langer ry
taxi,bus,covid19
Taxis en busse sal vir die week ook buite spitstyd mag ry.  ~ Peter Abrahams

TAXIS en busse mag die nuwe week langer as net spitstye bedryf.

Fikile Mbalula, minister van vervoer, het die besluit Sondagmiddag aangekondig.

Die minister sê: “Versoeke is van ‘n aantal belange-groepe en die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, gemaak.

“Nadat ek die versoeke oorweeg het is besluit om die openbare vervoer-regulasies tydens die lockdown te verlig, om begunstigdes van toelae tegemoed te kom.” 

Mbalula noem dat van Maandag 30 Maart tot Vrydag 3 April 2020 het busse en taxis toestemming om vanaf 05:00 tot 20:00 te bedryf.

“Dit is om in die vervoer-behoefte van die mees vulnerable in ons samelewing te voorsien.” 

Hy beklemtoon ook die belangrikheid van social distance met die gebruik van publieke vervoer.

Toelae-begunstigdes sa look hul ID-boekies en Sassa-kaart by hulle moet hê wanneer daar van publieke vervoer gebruik gemaak word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters