Verlede maand
Talle vandag na 5 maande terug op skoolbanke
GEREED: Die Hoër Tegniese Skool St. Andrews in Elsiesrivier verwelkom gister sy gr. 12-leerders terug. Foto’s: Peter Abrahams  ~ 

DIE skoolgronde is vandag weer bedrywig met grade R, 1, 2, 3, 4, 6, 9, 10 en 11 wie terugkeer na die klaskamer.

Vir die meeste van die leerders is dit die eerste keer terug op die skoolbanke sedert einde Maart.

Na 'n maand-lange vakansie het grade 7 en 12 reeds aan die begin van Augustus teruggekeer. Dit ten spyte van sommige se kommer oor voldoende gesondheid en veiligheidsmaatreëls by skole.

Die departement van basiese onderwys sê hulle bly waaksaam en monitor of skole aan Covid-19 maatreëls voldoen. 

Die departement noem ook dat ondersteuning gegee sal word aan leerders angstig is of diegene wie sukkel om by die nuwe normal aan te pas.

Intussen het Brian Schreuder, hoof van die Wes-Kaapse departement van onderwys, op sosiale media sy waardeering uitgespreek aan onderwysers en hul hardewerk ter voorbereiding vir die terugkeer van nog leerders.

Hy doen ook 'n beroep op leerders om hul samewerking te gee en aan te pas by die nuwe manier van dinge doen. "Dit is om jou gesond en veilig te hou en jou onderwysers sal help om leer fun te maak."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters